Get Adobe Flash player
Email Address:
Password:       
 
Need support?  
Click Here.

South Africa
Proud to be South African!
2 Star  Hosting 3 Star  Hosting
4 Star  Hosting 5 Star  Hosting
 Ons Naam:
eKaya WEB Services CC (www.eKayaWEB.com) – Ons Web WebTuistes!

Die naam oorbrug die moderne met die tradisionele: die Zuluwoord ‘ikhaya’ beteken ‘[my] huis’ en die ‘e’- simbool verwys na die Internet (kuberspasie).
eKaya WEB Services bied die webstruktuur waarbinne verskeie tipes ‘huise’ (webtuistes) volgens die eienaar se behoeftes verbind kan word.


ew120 Ons Logo:
Die eenvoudige huis simboliseer die tem van die kuberwildernis om ‘n duidelik-gestruktureerde webtuiste aan te bied/ voor te stel.

Ons Fokus:
eKayaWEB.com ontspring vanuit die besef dat vele Suid Afrikaners hulle eie webtuiste sal wil hê, maar nie kans sien vir die skynbaar hoë koste of gevare verbonde aan die besit en onderhouding van ‘n webtuiste nie.

Ons fokus is daarom op die amateur of beginner of ‘n ‘klein’ besigheid/ klub/ organisasie wat hierdie nodige bemarkingsgeleentheid wil benut, maar tipies onseker is om hierdie soms onvriendelike en gevaarlike wêreld te betree, by te staan. Ons wil diegene geleidelik inlei in hierdie nuwe omgewing en help om gemaklik te raak en met vertroue hierdie omgewing en sy gevare uit te ken en te hanteer. Ons begin met ‘n basiese en lae-koste diens (net soos wat skoolverlaters ‘n nuwe werksomgewing sal betree, maar voortdurend hulle omstandighede ontwikkel…) Met eKayaWEB.com kan jy opgradeer, jou persoonlike stempel daarop afdruk en volgens jou eie behoeftes, ervaring en binne jou begroting aanpas en ontwikkel. Ons belowe ‘n vriendelike, begrypende en eenvoudige – dog effektiewe, diens aan jou en wens jou tevredenheid en gemoedsrus toe binne die eKayaWEB.com omgewing/ buurt.


 Huisvesting:
eKayaWEB.com bied jou die geleentheid om jou Internetvaardighede te ontwikkel. eKayaWEB.com verskaf aan jou die Internetkomponente wat jou webtuiste nodig het om aanlyn te wees. Ons bied ‘n lae koste, lae risiko opsie wat jou die beste kans bied om aanlyn suksesvol te wees.

eKayaWEB.com se doel is om professionele, koste-effektiewe en gebruikersvriendelike webhuisvesting en webkonstruksie vir klubs, families, individue, organisasies, kerke, skole, stokperdjie-entoesiaste en besighede aan te bied.


 Ontwerp:
eKayaWEB.com maak gebruik van die verskeidenheid Oopbronsagteware. Ons koste sluit die tyd en vaardighede nodig om jou webtuiste te bou en te administreer in, en waar moontlik nie die programmatuur waarbinne jou tuiste geskep word nie. Ons wil hê jy moet so trots op jou tuiste wees as wat ons is om dit vir jou te bou!

eKayaWEB.com sal jou help om jou tuiste vir jou klub, familie, individu, organisasie, kerk, skool, stokperdjiebedryf en besigheid so te ontwerp sodat jy die verlangde resultate, nl. toeganklikheid vir jou teikenmark en gemaklike navigasie op jou webtuiste
kankan laat werk.

 Entrepreneurskap:
eKayaWEB.com bied ook aan die internetintrepreneur en/of knutselaar die geleentheid om dienste te verskaf sonder om met die las van die administrasie van die huisvesting van ‘n webtuiste te sit. Vir verdere inligting, besoek “Contact Us”.

 Inhoudsbestuur:
Waar moontlik gebruik eKayaWEB.com Joomla Oopbronsagteware om koste laag te hou. Jy kan self ook Joomla opstel en bestuur vanuit ons gebruikersvriendelike Beheerpaneel "Control Panel". 

 Bemark jou webtuiste:
eKayaWEB.com sal jou adviseer oor web-promosies en hoe om by sommige Soekenjins aan te sluit.

 Die tweede myl!
eKayaWEB.com sal ook jou webtuiste teen ‘n klein maandelikse fooi namens jou in stand hou.
 
Joomla CMS Prefered!
Joomla
Joomla Qualified Designs
Dirk L

eKaya
cPanel is the #1 used control panel in the world. You will find it very user friendly and safe
eKaya FREE with every hosting package aquired from eKaya WEB Services.

eKaya Try cPanel Demo Here

eKaya
Our FREE eKaya DIY Sitebuilder will allow you to easily create a professional looking website within minutes.
eKaya Pay only for your domain address and hosting package. Save thousands on development, construction & maintenance!
eKaya FREE with every hosting package aquired from eKaya WEB Services.

eKaya Try our eKaya DIY Sitebuilder Here
eKaya Showcase: http://www.eKayaDIY.com.

eKaya
Over 40 scripts at a touch of a button.
eKaya Installed in seconds - even by novices!
eKaya FREE with every hosting package aquired from eKaya WEB Services.

eKaya More about Fantastico Here.